DANS MET KATRINA٭


toe 'n wolkvuis uit die see marsjeer
en om new orleans toemaak
volg sky en cnn se kameras
die vloedgolwe deur strate
van ‘n voorwêreldse moeras

jy het begin plunder en verkrag
jou waardes tot die been ontbloot
want oral dra jy in jou saam
‘n saad van haat en dood

gaan dit ooit tot jou deurdring
hoe ‘n dringende boodskap ek aan jou wil bring?

mensdom, gaan jy ooit leer om my te respekteer?

kyk, ek is die groot gelykmaker –
moedernatuur is my naam.


٭ ‘n Kategorie-vier-orkaan wat New Orleans, Louisiana, Mississippi en Alabama in 2005 getref en tot grootskaalse skade en lewensverlies gelei het.


©2009 Selwyn Milborrow

No comments:

Post a Comment