NEW BOOK - "CHRISTIAN CREATIVE WRITING TODAY"

Selwyn Milborrow's new book "Christian creative writing today" will be launched later this year. Pre-orders at selwynmilborrow@gmail.com

MY NEW BOOK

The Write Side: A collection of poems and stories
Price: R100.00

FLORIS A. BROWN PUBLISEER IN NEDERLANDS

Twee mensen sleurend aan hun schaden

Jan Kleefstra – Uit het lege midden
Floris Abraham Brown – Sing vir my

(Friese Pers Boekerij, Leeuwarden; 84 blz., Є16,50)

Twee dichters die duizenden kilometers van elkaar verwijderd leven en schrijven. Floris Brown (1948) dicht in het Zuid-Afrikaans, Jan Kleefstra (1964) in het Nederlands en in het Fries. Dichten is een tegendraadse daad, dus wat te denken als je het beiden doet in een bedreigde minderheidstaal. Dan voel je dubbele verwantschap en kun je besluiten tot de uitgave van een selectie uit ieders eerder gepubliceerde poëzie. Aldus deden Kleefstra en Brown. Het resultaat: een dubbelbundel die je van twee kanten kunt lezen.

Poëtische verwantschap tussen beide dichters is er niet of nauwelijks. Waar Kleefstra al wandelend timide woorden verbindt aan zijn beleving van het Friese landschap, laat Brown zich krachtig uit over tegenstellingen binnen zijn Afrikaanse land. Hij is geëngageerd en draait zijn hand niet om voor een overtuiging. De verzen van zijn Friese kompaan zouden er flets bij af kunnen steken, ware het niet dat ze van nature niet uit zijn op een boodschap.

Vrijblijvend is Kleefstra’s poëzie allerminst, maar na twee van de vier afdelingen is zijn procedé wel bekend en vloeit de spanning wat weg. Sfeertekening en taalspel hoeven niet per se op gespannen voet te staan met dichterlijke kwaliteit. Maar als binnen één gedicht woordcombinaties vallen als ‘tere restanten’, ‘zachte vlaag’, ‘een lichte waas’ en ‘droomloos stil’, moet je van goeden huize komen om het gedicht nog te redden. Daarin slaagt Kleefstra niet altijd, verrassende filosofische gedachten ten spijt: ‘Natuurlijk gaat er veel dood / waar zou het leven anders terecht moeten’.

Floris Brown dicht over alles waar zijn hart naar uitgaat: zijn land, zijn taal, het geloof. Het laatste thema doet zijn poëzie niet overal goed, maar er staan niet mis te verstane liefdesverklaringen tegenover: ‘aan jou sweet wil ek die sout / van joú aarde proe en luister / na uile wat in die verte hoe-hoe’. Aan zo’n dichter geef je je gewonnen, zeker als hij elders regels weet te schrijven als: ‘vanoggend is my hart in die bloeb / wat blasies maak’. Geluk ervaren in een bubbelende vis, Kleefstra had er genoeg aan gehad.

Omzien naar kenbaar landschap, aandacht voor een bloedeigen land – dat is wat beide dichters verbindt. En door alles heen: liefde voor de mensen die zich eraan verbonden weten, maar intussen altijd overgeleverd zijn aan eindigheid. Brown kent van liefde ook de keerzijde: ‘onthou jy die eerste trane van ons liefde’. En Kleefstra dicht: ‘twee mensen sleurend aan hun schaden / om ze daar te brengen / waar eerder nog de dag begon’. De zielsverwante spiegeling van twee uitersten.             
 
EPPIE DAM - recensent en dichter

MY BOEK RESENSIE IN RAPPORT - "SAMOE(R)SA REIS"

Rapport: 01/01/2011 - Selwyn Milborrow

Met sy unieke vertellings neem Bakkes die leser – soos in sy vorige boeke, Nou’s ons in ons donner in en Moer toe die vreemde in – hierdie keer op ’n Samoe(r)sa reis.

En ons begin by die Richtersveld waar Nama nog gepraat word en die “Namastap” leef, deur na Kartoem se stofstrate, dan ’n drinkplek in Kreuzberg, Berlyn, tot in Indië, die land van kerrie en samoesas.

Saam met Bakkes gooi ons ’n draai in Varanasi, die stad van die Hindoegod Shiva waar jy sterf en só bevry word van die siklus van geboorte en dood.

In die verhaal “Reisgenote” laat Bakkes die leser met die gedagte dat ’n lewensmaat eintlik ’n reisgenoot is wat hom of haar die ruimte vir alleen wees, saamwees, apart wees en sommer net om te wees, toelaat.

’n Reisgenoot mag immers nie eiesinnig wees nie. In die saamwees moet die reisiger ook alleen kan wees. So is die lewe dan ’n reis met byna niemand wat alleen by die lewenseindbestemming wil uitkom nie.

En dis die belangrikste met wié jy die pad aandurf. Ondanks die beperkinge. Soos die verteller se vriendskap met Kalie wat geld het, maar nie tyd nie. Anders as die verteller wat tyd het, maar nie geld nie. Hierdie dilemma, die rokdraers en hul reis deur Jammu – Kasjmir – die deel waar Indië en Pakistan op mekaar skiet, skrik hulle nie af nie.

Nou ja, Bakkes het mos al in ’n onderhoud erken hy “hou nie van die normale nie, maar daar is soms ook ’n moedswilligheid betrokke”.

In “’n Eie plek” raak hy filosofies. ’n Man deurkruis die wêreld op soek na iets net om dit by sy aankoms by die huis te vind. Vir party is dit die studeerkamer met boek en rekenaar, vir ander ’n trofeekamer met bokkop en geweer. Vir Bakkes is dit ’n drinkplek – sy kroeg.

Die stories in Samoe(r)sa reis is soos ’n reis die vreemde in: jy weet nie presies wat môre gaan gebeur nie. Die boek bevat 31 reisverhale en foto’s wat op hul avonture deur Bakkes, sy vrou en vriende geneem is. In die naskrif is daar ’n gedetailleerde weergawe van sy testament.

Johan Bakkes, alias Johannes die Loper, die man met die bangles, Sylvester Stallone (soos hy in Zambië genoem is), het al in ’n onderhoud gesê hy is nie ’n skrywer nie, bloot ’n “trewwelaar” met ’n storie. Maar in die genre van die reisverhaal staan hy uit en bied hy uitstekende vermaak.

Soos met Bakkes se vorige boeke kan ’n mens net hoop Samoe(r)sa reis word in Engels vertaal sodat die wêreld ook kan sien wat Bakkes sien, beleef wat hy beleef. Die wêreld is te groot vir een leeftyd, leer ’n mens in Samoe(r)sa reis. (Resensent: SELWYN MILBORROW)

POET AND FRIEND: MXOLISI NYEZWA

Mxolisi Nyezwa is a very dear friend of mine. He is a brilliant poet and writer. He is the editor of Kotaz, the multilingual literary magazine based in PE in the Eastern Cape. Mxolisi works in community projects where he facilitates writing and community publishing workshops for rural and township communities. He also assists small writers’ groups locally to grow a reading and writing culture in their communities. In 2000, his debut collection, Song Trials, was published by Gecko Poetry, a book of “associative poems which move rapidly through multiple dimensions. They encompass the spiritual, the political and bleakness of the everyday with the fluency of language and a compelling “deftness of image””. Commenting on his life as a poet in South Africa, Mxolisi says, “I realised perhaps much too early during my school years that I was fated to be powerless, vulnerable to the world completely. Maybe as clear proof of this fate I am not able to free myself from the physical and psychological restrictions imposed on me by the life in the townships.

The life here is always a fierce war, merciless like the wind. I am fascinated by the sea, in its patrimonial re-enactment of life’s birth and life’s re-burial. For me in the townships, where I’ve always lived, nothing happens without the silent consent of the sea stoning our human hearts.” His second collection, New Country, was published by UKZN Press. “Poetry is a simple way to remind us of our humanity. It guards against placing blind faith in the sciences which are constricting to the human spirit. In poetry we discover our basic selves.” Mxolisi Nyezwa.

THINGS CHANGE
for Malope

at least then, it won’t be like this
it will be a totally new suffering
like when a baby sucks his thumb.

it will be a totally new experience
(for God and history has provided)
we won’t have to blow our minds
about it.

it will be like a fresh song
from a sparkling songbird
it will be like that for us, as an old
woman sits neglected
on the chair of her memories
it will be fresher, more vital
for us… at least it won’t be like death.

and like death we die
every moment of our lives
it will be a totally new suffering
it will be like a song sung free
from a careless heart…

(our failure will have its dignity.)

 
for days i looked for my poems
for days i looked for my poems in the streets,
and since i could not find them,
light fell like a flower on the lonely square.
the light sounded the drum of a thud.
beauty came grovelling forward
begging,
and children went for days
without food.

The Poet's Failure:

We had words in us that we never said.
We could stand in these waterless alleys
and march into the wet rain.

We smelled like starved rogues, we stank
like dying corpses
Sailing the warm winds of our silence,
Searching in reckless shelters to cool our lips.

We struggled begging conciliation
Down the trodden tracks of cold hurricanes
Seeking out lost igloos,
We had words within these day-long blues-

Driven by cold emotions into the shades and shadows
Of a dying land, we had words that choked to be said-
And we never said them.



GEDIG / POEM - "DIE SKILDER"



die skilder
(by die afsterwe van Amos Langdown*)

vrouefigure beur teen die wind
in ‘n ander staan ‘n ma met haar kind

só kon jy nog altyd met ‘n kwasstreep
die lewe se kaalvoetmerke verf

buite teen ruite teken reёndruppels
kontoere deurweek in kleure

nóú wil my woorde
jou op hiérdie doek verf

want elke keer as dit reёn
word verf verwaterde trane
wat wegsink in Plet** se duine

stil is die skilder se hand


٭ Amos Langdown was ‘n bekende skilder van Port Elizabeth, Suid-Afrika. Hy het die skone kunste aan die Rijks­aka­de­mie van Beeldende Kunsten in Amsterdam, gestudeer. Hy was later dosent aan die Dower-opleidingskollege in Port Eli­zabeth.
Hy was al uitgenooi om van sy skilderye in München, Uganda, New York en Londen en op die Venesiese Biënnale uit te stal. Van sy werke is opgeneem in versamelings in Duitsland, Italië, Holland en die Smithsonian-instituut in Washington. Hy het illustrasies gedoen vir die skrywers Alba Bouwer, Pieter Grob­belaar en Hester Heese asook vir die digter P.J. Philander. Die Bruin Kokon, waarin hy die digkuns van Philander illustreer, het in 1965 die lig gesien. Langdown se eerste uitstalling was in 1964 in die Edrich-galery op Stellenbosch – ’n eerste vir ’n bruin skilder.

** Plet is ‘n afkorting wat inwoners van Plettenbergbaai gewoonlik gebruik wanneer hulle na die kusdorpie verwys. Amos Langdown is hier gebore.

©2011 Selwyn Milborrow

POEM / GEDIG: BRIEWE UIT DIE TRONK / LETTERS FROM PRISON

briewe uit die tronk

“I am not myself / until my blood / is infused with you / in all of my veins”
uit: "Gronmama" deur Trefossa

i

Mams
stemme tussen gister en vandag
ego tussen mure
my enigste innocence
‘n baby photo teenaan my bors
maar moenie huil nie –
ek’s ge-rehabilitate
ek kom binnekort uit

ii
Babes
ek verlang jou
ons break ups en make ups
hoe sê daai song nou weer:
you’ve got to break up to make up
ek wil jou vat vir long walks
en myself soak in jou
maar somehow worry ek
dat ons flame gaan kwyn
of met ‘n tronk riot verdwyn

iii
Here
perform een van jou miracles
want ek’s ge-rehabilitate
for Christ’s sake
kry my uit hierdie hel uit


©2011 Selwyn Milborrow

FLORIS A. BROWN SKRYF 'N BARSHOU


My eerste kennismaking met die gedigte van Floris A. Brown was tien jaar gelede nadat ek met die Baaise digter Vincent Oliphant oor struggle poetry gesels het. Ek hou van die eenvoud gemeng met diepte van Floris se gedigte. In sy nuutste digbundel KALEIDOSKOOP mik hy ’n hou na die letterkundiges wat nie ’n woord uiter ter ondersteuning van die struggle-digters soos hy self nie: “Waar is julle/ O julle letterkundiges/ is so oorverdowend stil/ S-o-o oorverdowend aan het swyg/ Is julle druipstert na jul gate aan het hyg?”

Hy skryf oor die liefde:

O die skyn
huwelike kan tog alte lekker al-le-nig word
waar jy jou nagte uithuil in ’n stort
en elders:

Toe ek geen verskuilde agenda aan jou kon vind
Het ek geweet ons liefde is vir altyd gebind

As sportadministrateur kry hy ook ’n hou in na die Springbokke:

Dit is die toets vóór die toets
Waar die Bokke faal
Hul struikel oor rassisme
Terwyl hul na die doellyn nael.

Hy skryf oor armoede en sy mense se pogings om daaraan te ontsnap:

Huisnood

Al trek ek net met ’n tafel op my kop
In my munisipale huis
Dan het alreeds baie gedelf
Al die ander goed kom vanself.

Maar Brown se bitterheid omdat hy deur die groot uitgewers oor die hoof gesien word, tref telkens soos koue water in die gesig:

Hoe sal ek ’n digter word?

Hoe sal ek tog dan nou kan maak
Dat uitgewers ook van my ’n digter maak
Na wie sal ek my gedigte stuur
As ek my jare vasloop teen ’n loodreg muur?

En elders:

Witbrief

’n Witduif kom met die boodskap
Aangevlieg. Plons op my sofa neer:
“Jou poësie is nie wit genoeg
Om te publiseer.”

Uitgewers

Ek het kragtig aanbeweeg
Verby jul blokhuise
Tog, staan julle ook opgeskryf
In my digbundel nommer sewe.

Die Restless Kid van Worcester het reeds 24 bundels uitgegee, almal deur homself gepubliseer, want:

Mense hou nie daarvan om
Woorde te lees wat kwel aan
Hul vel, dus, is ek tot vandag
Geen Uitgewer se pêl.
(Uit: “Vel”)

En hier kom Floris Brown met nog ’n meesterskuif: toe niemand sy bundel Kaleidoskoop wou publiseer nie, publiseer hy dit self, want “terwyl uitgewers soos tipiese blokhuise nog steeds net hul voorkeurskrywers publiseer, is selfpubliseerders soos onderstromige wingerdboer-produseerders wie se vrugte een of ander tyd soet op die tong val” (41).

Die potpourri-styl van die bundel sal dalk nie in die smaak val van die letterkunde-fynproewer nie. Die hand van ’n eindredakteur word gemis; daar is insetsels wat dalk eerder tuishoort in ’n familie-gedenkalbum as in ’n letterkundige werk. Maar in ag genome sy stryd om erkenning te kry van die uitgewers, kan jy begryp waarom die digter so veel as moontlik wil sê met die min hulpmiddele tot sy beskikking.

In ’n tyd waar almal wonder oor die toekoms en voortbestaan van Afrikaans, is dit onvergeeflik dat ’n digter reeds 24 bundels op eie koste moes publiseer, terwyl ons as Afrikaanssprekendes daagliks na ’n swetterjoel musikale gemors en rymelary moet luister van onbeholpe sangers wat ewe onbevoegde radio- en TV-joernaliste met arrogansie aan ons wil opdis as “kuns”.

Floris Brown kon soos baie van sy tydgenote wat in Afrikaans ontvang en gebore is, so maklik sy rug op die taal gekeer het – veral as jy in ag neem hoe hy deur uitgewers behandel word. Maar so diep is sy passie vir sy moedertaal dat hy nog energie oor het om ander aan te spoor: “[M]ag die werk van jou hande/ ’n vonk wees vir talle dooie kerse” (217).

’n Merkwaardige mens, ’n merkwaardige bundel. Kaleidoskoop sal eendag as Africana verklaar word, want daar is slegs ’n beperkte aantal eksemplare van hierdie werk gepubliseer. Kry dus een in die hande terwyl jy kan, én terwyl jy dit kan bekostig.
* Die resensent, Michael le Cordeur doseer Afrikaansonderwys aan die Universiteit van Stellenbosch.


KALEIDOSKOOP is ’n versamelaars item met volkleur foto's. Die boek kan direk bestel word van FUTURE MANAGERS (PTY) LIMITED:

Posbus 13194
Mowbray
7705
Tel: 021 462 3572
Faks: 021 462 3681
Epos: zoleka@futuremanagers.net (Zoleka Ncpayi)

Ook beskikbaar by Floris Brown: florisbrown@mweb.co.za / 083 235 5364

CREATIVE WRITING - LESSON 1

INTRODUCTION: Creative Writing Class


All writers at one stage or another wondered if they had anything original to say/write. This self-doubt is one reason why many of you put off doing anything with your writing until now. This feeling that you might not have any talent is one you share with nearly every writer. Even successful writers are unwilling to believe that they have written something worthwhile and also sensitive about criticism.

Creative writing makes one think of the Creation. Two words that are used in the Bible in Genesis 1 are CREATED and MADE. God created every living organism with a word. He used many things He had created to make new things with. God also created some things out of nothing! Have you ever made something out of things that have already been created? In the Hebrew language the word CREATE means to make something out of nothing. The word MAKE means to make something out of a thing that has already been created. When we write we create new worlds, new places, new ideas and cross continents. We can explore worlds, share ideas and change peoples lives for the better. Every idea or vision, every book written, every song written and sung began with a word. The creation began with the words “Let there be...”

Before you can begin to write a poem, short story, a song or a prose, we need to get together everything you may need. In order for God to have done the Creation He had to use His voice. Imagine hearing God’s voice saying “Let there be...” and then seeing it appear before your eyes. Wow! In order for you to create/write you need to use a pen and page or computer. How exciting it must be to take a pen and start creating a poem, song or story and seeing it appear right before your eyes.

STARTING OFF

When you look at the Creation it is evident that everything happened at the right time and in the correct order. Think of how He separated/divided the waters. He made a space between the waters below and the waters above. It was like a curtain. Imagine taking curtains from one side of a window and pulling them across so that they cover the window. Now think how God could have done that with the sky or heavens.
God knew what He wanted to make and when. Remember: “The right time and correct order.” God knew what He was doing when He placed the moon and sun in the sky. He organized for certain things to happen regularly. In words of encouragement from the Apostle Paul to the Philippians he says: “And now, dear brothers and sisters, one final thing. Fix your thoughts on what is true, and honourable, and right, and pure, and lovely, and admirable. Think about things that are excellent and worthy of praise.”

Remember that poetry is the conscience of society; it reveals the soul of a nation and community. We need more Christian-based books, stories and films from Christian writers that are bold and adventurous. However, do not compromise. It is possible. Know your purpose. Know your assignment. Let us through our creative writing raise a banner in the name of our God. We must infiltrate the market place. We must transform it, but how? Our gifts will make room for us.

WRITING AS A GIFT: It is easy!

All you need to write is a pen and paper. Maybe a quiet place as well. You can write during lunch at work or school, after everyone has gone to bed or on the bus. You don’t have to be young or old, or from a certain area or social class to be a writer. I remember where I come from and all the adversities I went through. I was a teenager during the turbulent apartheid years. At the time it seemed as if there was no end to apartheid. It was the eighties and the streets were burning. Everywhere we went there were “Whites only” boards on beaches, in front of restaurants and hotels. Top jobs were reserved for whites. Can you imagine how as a teenager I must have felt when my class teacher asked me in front of everyone what I wanted to be one day? How it felt when you said you wanted to become a poet and writer? How it felt when everyone laughed at you? My vision and my dream never left me. I did not allow it to be taken away from me by anyone; not even apartheid. I ruled my world. I created my world. By continuing to write I was saying “It is my voice, my words, and it must be heard. So many people want to become writers, but keep it a secret, not wanting to be thought weird or somehow having a high thinking of them. It is okay, think highly of yourself. You are a child of God and deserve only the best. In 1985 I entered a short story competition run by Sanlam. I did not win, but my talent was recognised even though I was a Coloured. They applauded my determination and persistence. My gift opened a door and made room for me. Yes, writing is easy. It is completely democratic. You just need to say something and put it in writing. Remember it’s your voice, and your words.

Writing is cheap and accessible. If your star is David Beckham and you want him to be your mentor, it is not going to be possible. He is a busy and important man. But in the field of creative writing your prefect mentors are always around and available. How? Books! You can read your favourite books and authors for as long as you need them.

STAND AND STARE: Writing for therapy

We all have busy lives and move at a frantic pace. There is no time just to “stand and stare” as a poet once wrote. We spend so much of our time fire-fighting and reacting to events that we leave little time to investigate the causes of all the small blazes in our life. Why do we do the things we do? Why do we feel hurt, sad or neglected? How can we better our children, friends or companions? How can we make sense of a world gone haywire? Is there a point to it all?

Surely at least part of the point of life is to decide who we are. Our identity is the most important factor in our life. As Christians we know by now that our crisis assists in finding our identity. When we decide who we are we first ask how can we do it and then find a unique way to express ourselves. For some people their natural mode of self-expression might be to form a band or group. Others might paint, take photographs, make or act in films. Today more and more of us want to use one of the oldest and simplest forms of self-expression. We want to tell stories. We want to tell our own stories and write new ones.

Writing is a good way to reduce stress. Therapy might not be your primary motivation for becoming a writer, but writing is an effective way of keeping anxiety at bay. Simply writing any troubles down makes it seem more manageable. Reliving past traumas on a page can reduce their power to haunt. Writing is a way of taking control over your life. By keeping a journal will further give you control over your life. Write and read aloud. (I will talk on journal writing in another lesson in future.)

FINDING TIME TO WRITE

Forget the excuse that you do not have time to write. Everyone has time to write. You will find time to write if you want to badly enough. It just means that you must cut back on TV and movies. Writers make sacrifices. Suzanne Berne wrote her first book having determined to set aside at least five minutes a day in which to write. She achieved her daily five minutes and within a year published her first book. Kingsley Amis wrote at least a thousand words a day. With five minutes a day or a thousand words a day you will achieve much more than punishing yourself with a four-hour writing session. There’s a saying: “The best time to plant a tree is 20 years ago. The second best time is now.” Most of us should have started writing long before this. But we can’t do anything about that. Don’t fret. Let go and start writing.

TOOLS OF THE TRADE

You don’t need a laptop or computer to be a writer. And having one doesn’t make you a writer either. Yes, a laptop might make things easier, but don’t confuse convenience with utility. Work on a computer looks deceptively finished at an early stage. Cut and paste might seem to look as if you are doing serious editing when in fact you are merely moving inadequate material from one place to another. Write with a pen/pencil and notebook. I learnt a lesson by relying too much on computers. I lost more than fifty short stories and hundreds of poems. Today I have a notebook with me at all times!

IDEAS AND INSPIRATION

Creative writing can become a family affair. It is a good way to get and stay close to your family. Older family members may well have interesting stories to tell you. I remember listening to stories my uncles and aunts told me. A lot of these stories became poems and short stories. Today my mother still tells me stories that I never heard before. You might find that writing a story about your family can become a family project. You will soon discover family members regularly asking you on the progress of your story or poem.

We need to learn how to generate ideas, develop them and the potential it has. Your notebook is a tool or weapon for holding your free-range thoughts. Ideas are tricky fellows. There are millions around. They run through your head at all sorts of odd times. Believe me, they come at odd times! If you have a notebook with you at all times, you will stand a good chance of noting them and developing them. Some times these ideas develops in your subconscious so that when you go back to your notes looking for stories or poems, you’ll find that your idea has put on some muscle while you were away. Thoughts are opportunities and by having a notebook is the best way to grab hold of these opportunities. Don’t trust that you will remember your ideas, you almost certainly won’t. If you don’t write them down they will vanish.

Always have a notebook on hand! Always have a notebook on hand!

Exercise: Try your hand at free-writing. Write for 5 minutes. Don’t allow your conscious mind to interfere, just keep writing. Now keep your pen moving for the whole time. At least one nugget might come from this exercise.

ERFLATINGS EN BEURSE


Ek skryf vandag oor mense wat andere se goed vat. Erflatings! Dit en lieg-stories het sedert die Bybeldae al menig ‘n verhouding versuur. Dink maar aan hoedat Jakob vir Esau verneuk het.

As tjokkertjie moes ek al soveel maal hoor hoe ek eendag as oudste seun, erfgeld sou kry na my oupa se dood. Wel, die dood het gekom en die testament het gegaan! Dis ‘n kwessie van die erfgeld het beland in die hande van iemand vir wie dit nie bedoel was nie. Toe Robert Pearce, hoofbibliotekaris by die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit onlangs Jan Rabie se boek Polemika, in my hand stop het ek aan die erflating herrie rondom die skrywer Andre P. Brink gedink. Wat ek hier met die lesers deel het niks met die persoon van Brink te doen nie. Kom ek begin by MC Botha se ope brief aan Brink. Botha, ‘n eertydse buurman en lewenslange vriend van Jan en Marjorie Rabie kon nie verstaan waarom Brink - wat so goed met albei van hulle bevriend was - by wyse van spreke munt wou slaan uit hul nalatenskap nie. Hy skryf “wát jou rede is – ’n rede wat boonop in jou binnekamer klaarblyklik deur jou hoër geag is as dié van ’n waarlik geldlose skrywer – kan ek my nie indink nie.” Botha beweer Marjorie het vir hom gesê ná háár dood sal hul erfgeld in ’n trustfonds gestort en deur ‘n universiteit bestuur word sodat ’n behoeftige student jaarliks daaruit voordeel kan trek. Hoe het die beurs in die hande van ‘n gevestigde skrywer beland. Het die trustee hul eie intepretasie van die testament laat geld? Steward van Wyk, ’n professor van die Universiteit van Wes-Kaapland het in ‘n persverklaring (1) gesê oor die nuwe beurs: “Die beurs getuig van Jan en Marjorie se lewe – die onbaatsugtige ywer waarmee hulle die kulturele milieu gevoed, gedien en bevorder het en ’n ruimte geskep het vir skrywers, kunstenaars en intellektuele om deur verrykende kontak met ander, nuwe idees te ontwikkel wat ’n positiewe invloed op die breë samelewing kon uitoefen.” Hy voeg by: “Die beurs se hoofdoel is om ’n belowende skrywer of skrywer van aansien in staat te stel om vir ’n jaar lank sonder finansiële bekommernisse te fokus op ’n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans." Was dit Jan Rabie en Marjorie Wallis se eerlike wens dat 'n belowende skrywer asook 'n skrywer van aansien albei 'n kans op die beurs moes hê?

Na die lees van Rabie se Polemika, wonder ek hoe Jan Rabie self hierop sou reageer. In sy boek (sowat vyftig jaar gelede geskryf) vat hy in van sy briewe, verskeie skrywers en academici aan. Ek sien in my geestesoog hoe hy óók Brink aanvat oor die redes waarom hy aansoek vir die beurs gedoen het. Ek sien hoe Rabie sy brief aan Brink afsluit: “so maklik is dit darem nie.”

Ek dink opnuut aan my oupa se erfgeld en wonder of ek nie ook dalk ‘n ope brief aan die blikskottel moet skryf wat my erfgeld gevat het nie. Maar aan wie rig ek dit? Wie is die Andre P Brink in my oupa se nalatenskap? Hopelik e-pos hy/sy my met redes waarom ek hy/sy dit gedoen het. Daar is die Malema-opsie: “Ek “weet nie” hoe ek die erflating gekry het nie”, of iets soos: “as enigiemand kan bewys dat ek iets verkeerd gedoen het, kan julle my in hegtenis neem.” My reaksie sal wees: “as jy jouself kan vergewe, kan ek jou vergewe.” Dalk antwoord ek iets soos: “so maklik is dit darem nie!”

©2010 Selwyn Milborrow

(1) Die Burger 2009-09-24, Willem De Vries

WINTER

gure winterweer het die kaap
aan die gorrel beet
en ‘n koue front het pas
winter in die baai ingesleep

©2010 Selwyn Milborrow

POETIC TRIBUTE TO WOMEN

I embrace being birthed by a woman
Knowing women, honouring women
As their wisdom enlightens
The inner shadows of the heart.

I embrace being birthed by a woman
Who brought me from her womb
Brushed my shoulder and gave me shelter
When all else seemed uncertain.

I embrace being birthed by a woman
Who never allowed me to journey alone
In times of strife and conflict
Or being dragged through trauma.

Now, as a collective
We embrace
We honour
We salute
Because we are
Because of women

©2010 Selwyn Milborrow

FB FRIENDS FROM NETHERLAND ON FIFA WORLD CUP GAMES


Excerpts of Facebook chats between Dutch fans during Fifa World Cup in SA – 02/07/2010

USHA: Thank you Ghana! You played well and deserved to win. Thank you.

DENISE: Usha, ik ben het helemaal met je eens! Respect voor Ghana, ze waren er bijna! Ook respect voor Uruguay, natuurlijk. Zo sportief zijn we wel, en ook zij verdienen dat. Maar het was mooi geweest om tenminste één van de Afrikaanse teams op z'n minst in de halve finale te hebben... Anyway, Bafana Baghana weten het nu: yes, they can!!!

USHA: Ja, precies, volgende WK moet 1 van die Afrikaanse landen echt in de finale belanden. Het zou op vele gebieden erg goed uitpakken.

POEM VIR WITBOY, DEON MAAS


poem vir witboy
(deon maas)

hy't help soek na ‘n idol
maar vir sy eie survival
realise hy traffic is so traag
hy reis liewer na praag

baie meen hy’s omstrede
maar daarmee het hy vrede
en aim om nuwe vlakke te bereik
as om te worry wie kyk

wit mense se vrees vir reis
het hy verkeerd bewys
met sy reis na die hartjie van afrika
vir sy boek “witboy in afrika”.

©2010 Selwyn Milborrow

Foto van Deon Maas: NB-Uitgewers

Lees die gedig ook op Deon Maas se webtuiste: http://www.deonmaas.com/

AFRIKAANS PRONK BY WOORDFEES IN P.E.

Vuyani Makinana saam met die skrywers Vincent Oliphant, Jason Lloyd en Robert Pearce.

BRIDGETTE GASA IS DINAMIES


Bridgette Gasa, ‘n doktorale student in konstruksiebestuur aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, is pas aangewys as een van die lede in President Jacob Zuma se nasionale beplanningskommissie. Bridgette Gasa is ‘n dinamiese jong vrou wat my met die eerste oogopslag verbyster het. Dit was ‘n jaar gelede tydens ‘n onderhoud oor haar prestasies as besigheidsvrou. Sy het toe pas teruggekeer van ‘n suksesvolle besigheidsbesoek aan Asiё. Ons twee was nie bewus van wat 2010 vir haar in sou hou nie, behalwe dat sy dit as ‘n jaar van nuwe hoogtes in haar loopbaan sien kom het. Sy was reg! Gasa, ‘n doktorale student in konstruksiebestuur aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, is pas aangewys as ‘n lid in President Jacob Zuma se nasionale beplanningskommissie.



Sy is ook die jongste van 25 kommissielede. Mnr. Trevor Manual, beplanningsminister wat die kommissie gaan lei, het die bekendmaking as ‘n “kritieke mylpaal” beskryf. Hulle moes uit 1280 name slegs 25 kies. Hul taak sal onder andere wees om goed nagevorste en voorbeeld-gebaseerde voorstelle aan die president te lewer. Me. Bridgette Gasa is nou in die geselskap van groot kanonne soos Mnr. Cyril Ramaphosa, Prof. Ihron Rensburg en Mnr. Bobby Godsell. Het dit al by haar ingesink? Sy kyk my vir ‘n paar sekondes en gee ‘n tevrede glimlag. Gasa noem dat alhoewel dit ‘n mylpaal in haar beroepslewe is, beskou sy die feit dat sy vir haar familie ‘n huis kon bou, as een van haar grootste persoonlike mylpale. Wanneer die werklikheid finaal ingesink het wag daar ‘n groot taak op Gasa. Volgens Mnr. Manual sal hulle verslae saamstel oor verskeie kwessies wat ‘n impak gaan hê op die land se langtermyn-ontwikkeling soos water, voedsel- en energiesekuriteit, klimaatsverandering, infrastruktuurbeplanning, ontwikkeling van menslike hulpbronne, ekonomiese struktuur en demografiese neigings. Van waar kom haar belangstelling in konstruksiebestuur? Blote toeval. Haar liefde en passie vir konstruksie het ontstaan toe sy in haar matriekjaar in Kwazulu Natal op bouplanne van die skool afgekom het. Nadat sy met argitekte op die bouperseel gesels het, het die gogga gebyt. Sy het die volgende jaar haar by die NMMU gaan inskryf. Dit was vir Gasa ‘n groot uitdaging om as een van ‘n handjievol vroue vir ‘n Bachelor of Building Arts in Argitektuur in te skryf.

Nadat sy ‘n meestersgraad in projekbestuur (Universiteit van Natal) gevang het, is Gasa in 2005 as uitvoerende bestuurder in infrastruktuur-ontwikkeling by die Coega Development Corporation aangestel.
Hoe anders sou har lewe wees indien sy nie in haar matriekjaar in Kwazulu Natal op bouplanne van die skool afgekom het nie? Nie veel nie want sy is 'n doelgerigte mens en weet wat sy uit die lewe wil hê.

NASIETROTS IN SOWETO


Hallo antie. Almal het mos deesdae ‘n blog of “bloek” soos Koos Kombuis sê. Ek sien antie s’n was lanklaas ge-update. Ek sien ook antie skryf vir ‘n paar weke nie meer op ‘n Maandag nie. Ek het begin wonder of antie dalk siek is of iewers in ‘n tjoekie sit. Nog voor die wonder my kon oordonder sien ek antie se brief “Hangtong-Annelie op 14 Junie terug” in verlede Saterdag se koerant. Ek sien toe in my geestesoog hoe antie se vliegtuigwiele lig en antie van Afrika losskeur. Hopelik nie Engeland toe om ponde te verdien, of om by ’n brug in Londen af te spring nie. Nobody promised us tomorrow, maar ek weet Antie gaan in tyd terug wees vir Fifa se Wêreld-beker-toernooi. Ek kan al antie by die lughawe se aankomssaal hoor: “See me, I am here!”

Vandat antie ondergronds gegaan het om te rus en te kyk of jy van voor af kan uitvind wat jou eie naam is, het daar so baie goeie goed gebeur. Jirre, antie mis uit big time! Daar was drama in Soweto die afgelope naweek. Nee, geen beelde van klipgooiende jeugdiges of die sekuriteitspolisie in die strate nie. Hierdie keer was onluste deur patriotisme vervang. Die Stomers en die Bulle het verlede Saterdag mekaar in die Super 14-eindstryd in Soweto by die spreekwoordelike horings gepak. Wat ‘n riller! Daar was duisende mense van alle kleure en geure met vlae, stoele, vuvuzelas en ‘n nasietrots wat skrik vir niks. Die magtige dreuning van wit en swart wat bankvas agter hul spanne staan was iets om te aanskou. Nasiebou was die groot wenner. Is dit nie ironies dat sokker rugby na Soweto gebring het nie? Loftus was as gevolg van voorbereidings vir die Fifa wêreld-beker-toernooi nie beskikbaar nie. Antie, na ‘n lang droogte het alle Suid-Afrikaners mekaar weereens verbaas met hul gebaar van nasiestrots. Wat ‘n welkome verligting na maande se negatiewe nuus en harde woorde. Soos met die rugby wêreld-beker in 1995 toe oud-pres. Nelson Mandela ‘n sportprestasie kon omtower in ‘n kragtige voertuig vir nasiebou, het Suid-Afrikaners dit hierdie keer sonder die visioenêre leierskap van ‘n staatshoof gedoen. Daar was selfs wittes wat die wedstryd in sjebiens in die hartjie van Soweto gaan kyk het. Ons weet dat die krag van sport as nasiebouer nie volhoubaar is nie, maar dis darem ‘n begin. Gaan politici hierdie geleentheid met albei hande aangryp? Goeie vraag.

Ek wonder of die mense wat ons land vir oorsee verruil het, besef dat hulle op ‘n stukkie geskiedenis uitmis. Vriend Vincent Oliphant stel dit so mooi in sy verse: “my woorde kan bloot bid/ en pleit/ en wens/ medeburgers van die lewe/ dat ons van grense sal vergeet/ en bloot mens sal wees/ en medemens.” Hopelik kom antie terug. Die ou gryse gaan seker met opwinding antie by die lughawe inwag met die hoop dat antie uitgerus is en antie kon uitvind wat antie se eie naam is. Dalk het die ou gryse plan beraam om te verhoed dat antie weer die pad gaan vat. Uit desperaatheid gaan hy dalk die probleem met ‘n spuitkan oplos. Teen die muur van die aankomssaal in rooi verf spuitverf “Wamkelekile, my vroutjie!”

OM GOD TE SPEEL OF NIE


Dit lyk my dat wetenskaplikes asook politici deesdae God wil speel of gelykstaande aan Hom wil wees. Die afgelope week het genetici en ons eie president die wêreld behoorlik aan die gons gehad. Wetenskaplikes het lewe suksesvol gekopieer deur kunsmatige genetiese stof in ‘n leё bakterie-sel te plaas. Hulle het dit dus reggekry om ‘n nuwe sel te laat groei en volgens die nuwe stel DNS-instruksies te laat funksioneer. Artificial life. Trouens, enige denkende mens kan die etiese implikasies hiervan sien.

Ons president het verlede naweek by ‘n biddag in Mpumalanga gesê: “Die ANC was anders gebore as enige ander politieke party. God was by met die ANC se geboorte.” Die ANC is dus God se oogappel party. Beteken dit dat die duiwel by die geboorte van die ander partye teenwoordig was? Hy het kerkleiers daarna aangesê om hul lede te vermaan om vir die ANC te stem. In dieselfde asem sê hy dat indien hulle nie vir die ANC stem nie, hulle voorvaders hulle met siektes gaan straf. Maak dit van hom ‘n nuwe soort engel Gabriel of uitverkorene van God? Het hy aan die etiese implikasies van sy stellings gedink? Nie lank gelede nie het Zuma hom nog op God beroep en nou beroep hy hom op die voorvaders. Dis seker waarom ons eie lewe asook ons samelewing lyk soos hulle lyk. “Dis boosheid,” meen 'n vriend van my. Om te dinge te vererger, het die Vrystaatse premier, Mnr. Ace Magashule, gesê die ANC tref nie onderskeid tussen swart en wit nie. My vriend was ontsteld juis omdat hy benadeel word as gevolg van die beleid van regstellende aksie wat deur die einste “oogappel” party ingestel was. Reversed apartheid. God onderskei mos nie tussen Sy kinders nie. Dis valsheid. Volgens Karl Barth, die grootste Christelike denker van die twintigste eeu, het die bose verskillende gesigte. Barth beskryf dit op drie maniere; as trots, as valsheid – en as traagheid. My vriend stem saam. Hy meen die onlangse stakings wat die ekonomie ‘n lelike knou gegee het, is ‘n goeie voorbeeld van traagheid. Traagheid beteken natuurlik slap en lui. Werkers wat meer geld wil hê, maar te lui is om te wees wat hulle kán wees. ‘n Engelse gesegde sê: “a Journey of a thousand miles begins with a single step.” “But not with a toyi-toyi,” grom my vriend. Met minder as twee weke oor voor die afskop van die 2010 Fifa wêreld-beker staak daar steeds duisende werkers. Volgens die nuutste syfers het die landbou sektor tot dusver verliese van meer as een biljoen rand gely. Alles dreig om in duie te stort!

Trouens, ons kan nie net agteroor sit en verwag andere moet iets daaromtrent doen terwyl ons g’n vinger verroer nie. Ek onthou Annelie Botes se wyse woorde oor die huidige uur en die toekoms. Sy sê: “Ons moenie te intens dink oor tien of twintig jaar vorentoe nie. Die huidige uur is genoeg. Want hierdie uur bepaal die rigting van die volgende uur.” Wat tans gebeur is ‘n aanduiding dat die mensdom in sy brose menslikheid losgeraak het. ‘n Smeerseltjie gom is nodig om dit weer te las. Dalk kan ek en jy die gom voorsien. Annelie som dit so op: “Wie weet, eendag dra die granaatbome vir almal in hierdie deurmekaar wêreld welverdiende vrugte met soetrooi pitjies."

©2010 Selwyn Milborrow

'N GEDIG IS 'N GEDIG NET OM 'N GEDIG TE WEES


in die kort tydjie vanaand
aangehits soos ‘n digter van ouds
se vergange verlange
pleeg ek gedigte op gedigte

want wat tel en bly
is verse gemummie op papier
wat met elke koplig en oplig
lig werp op hierdie liefdesgedig

kyk, ‘n gedig is ‘n gedig
net om ‘n gedig te wees
en al wat ek jou kan offer
is hierdie gepleegde gedig


©2010 Selwyn Milborrow

YOU LOVED MY NIGHT AWAY (POETRY)


you loved my night away

remember how
my body shook and fluttered
like a leaf picked up by the wind
and shot through the air

it became weightless
and you my anchor

that night we made love
the kind of love anyone can make
and almost no one can –

you loved my night away!



©2010 Selwyn Milborrow

TOE SY WEGSTAP


toe sy wegstap
(vir ek en jy toe ons nog óns was)

toe verlange laatnag byt
kon ek blindelings deur jou blaai
en my soene soos skrapnel
teen jou vel laat val

toe koue my met vrees
stuk vir stuk wou naakstroop
kon ek soensag genestel lê
in die kaggelvuur van jou lyf

hoe kon ek weet
dat alleenlê my inwag
teen die nakende rug
van ‘n koue nag

hoe kán jy luister
as dié geskokte stilte
die luidste woord word
wat ek ooít sal uiter:
vra hy
toe sy wegstap


©2010 Selwyn Milborrow

Hierdie, sowel as ander gedigte kan gelees word op: http://www.litnet.co.za/

'N MERRIE KRISMIS IN KATANGA (ARTIKEL)


Vier jaar gelede het Selwyn Milborrow met die inwoners van Helenvale gaan praat om uit te vind hoe hulle die kersseisoen in hierdie buurt ervaar. Hy het ontdek dat selfs die haglikste toestande nie die menslike gees kan demp of vernietig nie. Vandag, vier jaar later, het hy weer met die inwoners gaan praat.

Toe ek vier jaar gelede ‘n kindjie in Helenvale vra wat hy vir Krismis wou hê, was sy antwoord: “’n Remote control kar, oom.” Oppad na Helenvale wonder ek of ek dieselfde antwoord gaan kry. My gedagtes skiet terug na ‘n kortverhaal van die bekende skrywer, Abraham H. de Vries. In sy verhaal “Ons Dorp” skryf hy oor die gewone dinge rondom ons. Mense is volgens hom geneig om hulle te bekommer oor ‘n oorlog iewers in Afrika of in die Midde-Ooste, maar ontferm hulle glad nie oor hul buurman oorkant die straat nie. CNN doen elke dag verslag oor die ontmensliking van die mens, maar vertel nie die geskiedenis van die straat waarin jy woon nie. Dis hierdie klein geskiedenis wat die situasie juis menslik maak. Die meeste huise in Helenvale het hierdie tyd van die jaar ‘n krismisboom en trimmings teen die plafon en mure. Hier en daar hoor mens die klanke van “Jingle bells” en ander gewilde kersliedjies vanuit ‘n huis of taxi kom. ‘n Verskynsel wat nogal in enige woonbuurt in die Baai voorkom. Wat die ekonomie aanbetref was dit ‘n moeilike jaar vir almal, maar hier in Helenvale oftewel Katanga, worstel inwoners met meer as net ‘n wankelrige ekonomie. Bendebedrywighede, dwelmhandel en selfs prostitusie is euwels wat steeds ‘n bedreiging vir sy inwoners inhou. ‘n Onderwyser met wie ek gesels het meen dat daar in die verlede minder bendegeweld gedurende die feestyd voorgekom het, maar deesdae word hulle al hoe meer desperaat. “Hulle rob die arme mense van hul Krismis groceries. In die verlede het die gangsters ook op holiday gegaan, maar nou is hulle ‘n pes,” voeg sy vriend by.

Toe ek destyds met die inwoners praat was daar planne deur die munisipaliteit vir ‘n nuwe Helenvale. ‘n Bejaarde egpaar, oom “Fly” Albrecht en antie Rosy, was alreeds skepties oor burgemeester Faku en sy munisipaliteit se droomplan. Hulle kon nie verstaan hoe die burgemeester kon dink dat hy Katanga uit sy ellende sou kon verlos nie. Vandag weet ons wie reg was. Helenvale is in die sewentiger-jare deur die mense herdoop tot Katanga, ‘n stad in Sentraal-Afrika waar geweld ‘n alledaagse verskynsel was. Ek het in 2005 met ‘n omie in een van Helenvale se gevaarlikste strate gaan gesels oor die gevare wat dwelmmisbruik, prostitusie en bendebedrywighede vir almal hier inhou. Vandag, vier jaar later wou ek weet of daar vandag enigsins veranderinge ten opsigte hiervan in die gemeenskappe te bespeur is. “Die crime is terrible. Dinge het net erger geraak since meneer laas hier was. Ek het weer vir die ANC ge-vote omdat ek hierdie keer gedink het hulle gaan iets doen, maar ek is baie baie disappointed, meneer,” antwoord Oom “Fly” in ‘n hoesbui. Sy vrou, Rosy, is duidelik omgekrap omdat hy met ‘n zol in sy mond met my praat. Ek wou by haar weet of sy haar beroemde leg of lamb vir kersete gaan maak. Sy skree van die lag en klap haar hande. “Ja, ek sien maar net uit na die boud wat ek op Krismis eve gaan roast.” “Oe, en sy maak lekker roast potatoes, meneer,” voeg haar groentesmous-man hoes-hoes by. Buite hoor ons ‘n rumoer en hulle vra my om saam na buite te stap. “Dis maar net Belinda se mal kind wat weer die tang kry,” sê hulle uit een mond.
Verder af in die straat gewaar ek ‘n paar manne wat langs ‘n taxi staan terwyl ‘n seuntjie die wiele skoonmaak. Die musiek van ‘n bekende ganster rapper hang swaar in die lug. Nie ver van hulle af nie stoot ‘n meisie ‘n klein seuntjie rond in ‘n bekende kettingwinkel se inkopie-trollie terwyl hul maats opgewonde agterna hardloop. In ‘n vervalle speelpark staan tientalle kinders en waai in ons rigting. Oom Fly sug en knik sy kop toe hy opmerk hoe ek in ongeloof kyk na die park wat met gebreekte drankbottels besaai is. ‘n Uur later het my soektog na ‘n talentvolle jongman wie ek vier jaar gelede hier ontmoet het, my na sy vriend wat in die berugte Gaat woon, gelei. Ek wou uitvind of hy sy voorliefde vir rekenaars verder ontwikkel het. “Nee, oom, Tollos het daai computer verkoop en ‘n shebeen in Hankey begin,” antwoord hy skamerig. Meneer Pillay, ‘n Priester in die omgewing wie destyds die jongmense uit die strate probeer hou het deur peuselwerkies aan hulle te bied, is intussen oorlede. Die huis waarin hy gewoon het is vervalle en die gras en onkruid staan hoog.

Sommige inwoners voel soos die spreker in een van Adam Small se bekendste verse: “Die Here het gaskommel en die dice het verkeerd geval vi’ ons.” Hierdie verloor-mentaliteit is hartseer en tog verstaanbaar veral toe Oom “Fly” my voor my vertrek waarsku om liewer nie in politics involved te raak nie. “Kyk na ons mense hier in Katanga. Die government het ons alweer na die election soos cheap pruimtwak uitgespoeg.” Met bewende lippe en sigbaar emosioneel groet hy: “Mêrrie Krismis, meneer.” Vier jaar gelede het twee tieners van Helenvale geskiedenis gemaak toe hulle die geleentheid gekry het om modelwerk vir ‘n internasionale modelagentskap in Italiё te gaan doen. Mense wie ek mee gesels het weet egter nie wat van Jason Blou en Delores Drude geword het nie. Daar is egter nog heelwat hoop vir inwoners in Helenvale. Alicetine Mackonie, ‘n belowende jongmeisie, wie ek vroeёr ontmoet het, hou daagliks ‘n joernaal byderhand. Sy meen dit help haar om positief te bly en nie soos ander jongmense ‘n slagoffer van identiteitsverwarring te word nie. Alicetine het selfs artikels en gedigte begin skryf oor drankmisbruik en losbandigheid onder jongmense. Sy wil hê jongmense moet rustiger begin raak. Sy glo hulle kan net hulself word indien hulle hul eie gedagtes met nugterheid begin konfronteer. Haar passie vir skryf en haar deernis vir mense sluit aan by wat Braam de Vries gesê oor skryf as ‘n manier is om deernis te bekom. Hy meen as jy insig het in hoekom mense dinge doen, dan kom die deernis. Dis meestal die ouer mense hier in Helenvale wat bid vir ‘n terugkeer hierna. Omgee is immers die skakel wat mense saambind. Hulle het reeds bewys dat selfs die haglikste toestande nie hul menslike gees kan demp of vernietig nie. Met my vertrek besef ek daar is ‘n gees van Katanga in ons almal; ‘n begeerte om bo die swaarkry uit te styg. Mêrrie Krismis, Katanga.

©2010 Selwyn Milborrow
Foto's ©2010 Leon Harmse

GABEBA BADEROON (POET & ACADEMIC)


Gabeba Baderoon was born in Port Elizabeth and lived a few streets from our house. The family moved to Cape Town where she spent most of her teenage years. She lives in Pennsylvania, USA. Gabeba is the author of the poetry collections The Dream in the Next Body (2005), The Museum of Ordinary Life (2005), and A hundred silences (2006). The Silence Before Speaking, a volume of her poetry translated into Swedish, is forthcoming from Tranan publishers. The Dream in the Next Body was named a Notable Book of 2005 by the Sunday Independent in South Africa and was a Sunday Times Recommended Book. A hundred silences was short-listed for the 2007 University of Johannesburg Prize, and was a finalist for the 2007 Olive Schreiner Award. In 2005, Gabeba received the DaimlerChrysler Award for South African Poetry her work is infused with compassion and wisdom that bodes well for her future writings.

I had the honour of meeting her during the Exclusive Books/Metro FM Homebru Roadshow in South Africa. I interviewed her (Die Burger newspaper) in 2006. You can read the interview on Gabeba Baderoon’s website: www.gabeba.com

SEISOENE / SEASONS (PROSA)


Elisabeth Eybers, een van my gunsteling digters op skool het geskryf: “Somer en herfs en winter trek in wye / onafgebroke wisseling deur die land.”
In die Bybel lees ons van die saaityd en oestyd, somer en winter, dag en nag wat nie sal ophou nie. Dit is so dat ons ons in ‘n natuurlike winter kan bevind en tog ‘n geestelike ene beleef. John Bevere skryf in sy boek, Victory in the wilderness, hieroor. Bevere skryf: “The wilderness is a dry and thirsty land. The wilderness season is a time of pruning and grafting.” Dit het ten doel om ons voor te berei vir ons nuwe seisoen. Ons moet ook weet dat ons nie alleen is nie. Hy skryf verder: “Know that you are not alone, but in good company. You walk where Moses, Joseph, Job, and Jesus walked. The procession of wilderness travellers is long for the wilderness is a necessary time …”
‘n Alsbitter seison moet een of ander tyd in ons lewe aanbreek. Daar is geen kortpad na die beloofde land nie. Selfs skoolmaats loop uiteindelik elkeen hul eie lewenspad. Sommige is gelukkig om aan dieselfde kollege of universiteit te studeer. Maar iewers móét hul paaie skei … genoodsaak deur omstandighede.
‘n Donkerkop-kollega het een oggend haar emosies met my gedeel. Nou en dan het tane in haar oë opgdam. Sy het pas van haar jare lange jeugvriendin afskeid geneem. Sielsverwante vriende. Soul mates. Soos Heidi en Klara uit ‘n bekende strokiesprent Heidi, uit my kinderjare.
Die donkerkop onthou die goeie ou skooldae, daarna saam universiteit toe, en later saam by dieselfde firma. Sy vertel dat hulle onmiddellik aanklank by mekaar gevind het. Wedersydse respek vir mekaar. Tydens hul adolessensiejare het hulle mekaar se verwarring verstaan toe hulle soos enige tiener, met uitdagings in hul ouerhuise gekonfronteer is. Die donkerkop onthou daar was ligte oomblikke soos haar verlowing en toe die blondekop jare later hoofstrooimeise op haar troue was. Selfs toe die blondekop se vorige kêrel sterf, kon hulle saam huil. Die vingerafdrukke van hul vriendskap sigbaar in alle fasette van hul lewe.
Ek dink aan die filosoof, Aristoteles gedink. Volgens hom is ware vriendskap dié tussen mense wat goed is. Wanneer altwee toegewy aan die goedheid is. Hul harte gevul met goeie bedoelings. Iets wat skaars is in ‘n snel veranderende wêreld. Ons multitask en surf ons tyd om!

Kahlil Gibran skryf die volgende oor vriendskap: “Your friend is your needs answered … If he must know the ebb of your tide, let him know its flood also.” Die donkerkop-kollega en haar blondekop-vriendin kon mekaar se verwarring verstaan. Hulle het selfs gedeel in die opwinding van tienerliefde en uiteindelik troue liefde. Mense gooi maklik klere weg wanneer dit uit die mode raak, maar kry dit nie altyd met vriendskappe reg nie. Dis waaroor Aristoteles gepraat het; om ten spyte van alles die eb en vloed van vriendskapwaters te deel. Wanneer die donkerkop siek was, het die blondekop die wonderlikste mandjie vrugte en ‘n kaartjie met ‘n mooi boodskap vir haar gestuur. Ware vriendediens!
Die blondekop het haar meestersgraad in sielkunde verwerf, en die donkerkop het haar eersteling verwag. Die blondekop het gebid vir die nuwe moeder en haar baba. Dit het vir die moeder gevoel of die blondekop ook ‘n ander ma vir haar kindjie is omdat sy haar in elke vreugde kon verkneukel.
Maar toe gebeur iets ernstigs in die donkerkop se lewe: die een oomblik het sy versuiker onder haar ma se heuningdruppels, en die volgende oomblik moes sy magteloos toesien hoe haar ma kwyn. Haar ma sterf na ‘n lang siekbed, en kort daarna verloor die blondekop ook haar ma. In die rolprent Memoirs of a Geisha, sê Ziyi Zhang se karakter die volgende: “At the temple there is a poem called “Loss” carved into the stone. It has three words, but the poet has scratched them out. You cannot read “Loss”. Only feel it.”
Met gebede, liefde en ondersteuning is die donkerkop en haar blondekop-vriendin in tye van verlies vir mekaar daar. Die een sê die regte woorde wanneer andere nie weet wat om te sê nie. In sommige gevalle het jy geen vriende nie. John Bevere skryf: “I would pray in the dry season and things won’t change. You pray. Yet your prayers seem to fall flat.” Inderdaad. In die wildernes is daar geen reën nie. Behalwe reën diep uit die hart van ons naaste. Die donkerkop en haar vriendin het natuurlik geweet “the wilderness is a necessary time … its purpose is to train and prepare us for a new move of His Spirit.”

Kom, ons almal neem kennis van John Bevere se positiewe boodskap: “The wilderness is not intended to be a place of failure, but of victory.”

©2010 Selwyn Milborrow

VIR JOU EN AL DIE ANDER WAT SOOS JY VOEL (POEM)

"He that is down can fall no lower" - Samuel Butler

daardie kamer
daardie kooi
daardie kussing
daardie innerlike uittog
waarna jy so ontydig
as verraaide pelgrim vlug
moet end kry (uitroepteken)

draai om (koppelteken)
verander jou gps coordinates
bekyk dinge binne bereik
daar’s nog tyd (punt)


©2010 Selwyn Milborrow

Hierdie gedig is op LitNet se webtuiste onder nuwe skryfwerk. Gaan na: http://www.litnet.co.za/

ELEGY FOR NIKITA

(To Shaun & Letitia de Jager - In memory of their little saint)

Though I never knew you
yet honouring you
through poetry
is all I can do

A songbird sings your name
and scents of flowers remain
as memories of you
illuminates paths long forgotten

You fought bravely
in the lonely cry of night
yet distance won't disturb
the harmony of happiness
echoeing so sweetly your name

Nikita,
we will not live in death
your saintly life swallowed it -
on God's promise we shall wait
knowing that some day
we'll see one another

©2010 Selwyn Milborrow

AFRIKAANS: DIE TAMELETJIE


Afrikaans se toekoms lyk rooskleurig. Die nuuskanaal eNews het byvoorbeeld bekend gemaak hulle gaan binnekort ‘n Afrikaanse nuusbulletin op vermoedelik kykNet begin uitsaai. Volgens hulle vaar Afrikaans goed en Afrikaanssprekendes is ‘n belangrike kykersgemeenskap. Afrikaans bly egter ‘n tameletjie! Bruinmense ís die meerderheidsprekers van die taal. Skeppers van die taal, maar wie se bydra gewoonlik sommer net in ‘n paar sinnetjies afgemaak word. Leopold Scholtz, ‘n Media24 verteenwoordiger in Europa sê in sy weeklikse rubriek: “Nee, Afrikaans is nie nét deur die bruin mense geskep nie; ook die wittes had ‘n aandeel.” Hy sluit af: “En nee, Afrikaans is nie net die eiendom van die Afrikaners nie, maar van almal wat álle variante praat.” In ‘n geselsprogram op RSG het Dr. Pieter Mulder dieselfde sentiment gedeel toe hy sê die taal behoort aan almal wat dit praat. Die joernalis, Jason Lloyd, meen mens hoef net te kyk na kultuurfeeste om te sien dat wittes steeds die taal vir hulself opeien. Hy gaan so ver as om te vra vir ‘n waarheids-en-versoeningskommissie omdat daar vertrouensbreuk was. Lloyd meen die taal is doerie jare soos ‘n mat onder die bruines uitgeruk. Daar is die bekende Kaapse uitdrukking wat bruin skrywers se gevoel raak saamvat: “die uitgewershuise vat ons vir ʼn one.” Wie se taal is dit nou eintlik? Enkele weke nadat Clinton V. Du Plessis, ʼn ontstellende tog onverskrokke eerlike brief met die titel “Fokofafrikaans, ‘n swanesang” op LitNet geplaas het, het Louis Esterhuizen op Versindaba se webtuiste, met Clinton V. du Plessis gesels oor uitgewers versus selfpublikasie deur bruin Afrikaanse skrywers: “Wel, Louis, selfpublikasie was en is nog steeds vir baie bruin Afrikaanse skrywers dié opsie. Ek moet eerlik wees en erken dat ek vreeslik lanklaas kontak gehad het met formele uitgewerhuise, maar ons almal het hoofsaaklik, onaangename herinneringe van dié interaksies. Ons deel die gevoel waarvan Bruce Springsteen sing op sy, Born in the USA : “You end up like a dog that’s been beat too much/till you spend half your life just covering up.”

Die bekende Akademikus, Robert Pearce het in ‘n onderhoud oor Flaaitaal teenoor Louis Esterhuizen genoem dat die hoofstuk oor Tsotsi/Flaaitaal in Daniel Hugo se boek, Halala Afrikaans, onvolledig is aangesien hy dink Hugo as “gesoute” navorser meer indiepte navorsing sou doen en op bronne wat in Pearce se besit is, afgekom het. Pearce het aangebied om die bronne alleenlik te deel indien hy, Dennis Makhudu of Louis Molamu gevra word om ‘n nuwe Hoofstuk oor Tsotsi/Flaaitaal te skryf. Hugo het hom gewip en gesê: “Om geheimsinnig te wees oor die gepubliseerde bronne demp die gesprek en getuig van ‘n ghetto-mentaliteit…” Hugo het wel sy verwysing na ‘n “ghetto-mentaliteit”, teruggetrek, maar dit laat ‘n wrang smaak in die mond. Robert Pearce doen as akademikus al 36 jaar lank diens by internasionale erkende universiteitsbiblioteke en hy (of sy mentaliteit) kwalifiseer sekerlik nie as vanuit of gelykstaande aan die ghetto nie. Die vraag is waarom sal Hugo, ‘n hoogs intelligente skrywer en navorser dan so ‘n glips maak? Getuig dit van die witman se aandrang op of vrese oor die eienaarskap van Afrikaans? In ‘n e-pos aan my, vra Breyten Breytenbach die volgende: “Is dit werklik nog die persepsie dat Afrikaans (oorwegend) 'n witmanstaal is? Is daardie drogredenasie dan nie lankal die nek ingeslaan nie?” Hy gaan verder deur die storie te vertel van ‘n oom wat die ry mense in die poskantoor opgehou het deur oor en oor sy kleingeld te tel. Raadop vra die dame agter die toonbank naderhand: "Is oom se kleingeld dan nie reg nie?" Die ou man tel toe weer versigtig en agterdogtig en sê oplaas: "Ja, dis reg - maar ook nét!" Laat my egter toe om ‘n paar gevleuelde woorde te spreek: Afrikaans is nie meer uitsluitlik ‘n wit besorgdheid nie. Bruin én wit praat nou “saam" namens Afrikaans. Al verskil is dat ons aan teenoorgestelde kante van die draad staan. Groepsdenke is negatief. Groepe is veral geneig om kollektief te blameer; almal onder een kam te skeer.

Praat is een oplossing. Henry Jeffreys, ‘n voormalige redakteur van Die Burger meen ook “praat is altyd beter as baklei – mits die motiewe wedersyds suiwer is.” Wanneer daar vertrouensbreuk in ‘n verhouding was, is dit moeilik om weer vertroue te skep. Meeste bruines meen wit Afrikaanssprekendes se motiewe is als behalwe goed. “Hulle wil ons gebruik om Afrikaans op universiteite te red”. In sy e-pos skryf Breytenbach: “En van persepsies gepraat: ek weet ons is almal skelm, maar hierdie wit klong (Breytenbach) het nog nooit gevoel dis nodig om agter 'n bruin rug te staan om "die taal te red nie." Ek is seker baie ander wittes voel ook so.” Daar is nog ‘n lang lys van sulke conspiracy theories waarin wittes se motiewe bevraagteken word, but so what? Vincent Oliphant, ‘n bekende digter en rubriekskrywer, het in ‘n artikel gesê: “onverdraagsaamheid is nou maar eenmaal ’n ding waaroor hy bra onverdraagsaam kan raak.” By die onlangse beraad vir swart Afrikaanses by die Universiteit van Wes-Kaapland, het Archie Lewis, ‘n opvoedkundige, gemaan dat “ons eerder behoort te kyk hoe ons met ander belangegroepe kan saamwerk – ongeag wat hul agenda is.” Hy klink na my ma. Sy het altyd gesê ek moet ophou kyk na die verkeerd wat ander kinders aanvang en net die regte ding doen.

Ek het myself al telkemale gevra: Wat is dit wat my as ’n bruin Afrikaanssprekende so uniek maak? Is dit die pyn en vernedering wat apartheid my toegedien het? Lionel Adendorf, sameroeper van die Forum vir Swart Afrikaanssprekendes, het onlangs in ‘n onderhoud met Marida Fitzpatrick gesê: "Afrikaans is nié die taal van die verdrukker nie; dis my taal ook.” Vir hom was Afrikaans nooit sý taal nie. “Dit was net die taal wat ek praat en dis dit.” Mens kan egter ook nie elke dag met ‘n chip on your shoulder rondloop nie.
‘n Leser skryf in sy brief in Die Burger dat ons nie moet vergeet dat almal deel van 'n geheel is nie, en dat een bevolkingsgroep se probleme vinnig na 'n ander kan oorspoel. Die sanger en skrywer, Steve Hofmeyr het juis in ‘n naweek-koerant gesê hy sien hom en bruin mense as deel van dieselfde gemeenskap. “Ek sal glad nie omgee om vir ’n tydjie bruin te wees nie. Ek probeer nog net my bruin pelle sover kry om wit te wil wees.” Hy het bygevoeg dat “Die parallelle tussen my en die bruin gemeenskap is so klein, ons dink dieselfde. En dit het niks met kultuur te doen nie.” Regteenoor Steve staan Dan Roodt en sy geesgenote wat dinge net wil vererger. Hulle wil glo graag hul Westerse standaardtaal gebruik “sonder dat Terrance April of al die ander regstellende- aksie-omroepers ons ore seermaak.” Hoe gemaak as bruines daarop aandring dat Kaaps Standaardafrikaans moet vervang? Alle groepe moet hul toksiese sieninge en gesindhede liewer vermy en eerder mekaar openbare uiteenlopende standpunte gun. Dit kom voor asof hulle nie hierdie standpunt wil omarm nie. Hulle wil ’n strydpunt hiervan maak. Ek glo alle sprekers van die taal het die reg daarop om dit met hul aksent te praat. Dit maak ons taal soveel ryker. Afrikaans is mynsinsiens nie ’n kleur nie, dit lê op die tong.

ELISABETH EYBERS (AAN PROF. HELIZE VAN VUUREN)


Elisabeth Eybers
(Vir prof Helize van Vuuren*, ontvanger van die 2010 Elisabeth Eybers-studiebeurs)

dit was makliker
om as dogter en digter
die kollig te vermy

maar ag wat ’n slag
toe jou seun heengaan
en die lewe sy bordjies
om jou raam

ál waarop jy kon staan –

’n geslypte loopraam
wat soos ’n diamant
in een hand pas
en die dood en lewe
wat die ander was


*Helize van Vuuren is professor in Afrikaanse & Nederlandse letterkunde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU).

©2010 Selwyn Milborrow

Huldeblyk: 3 Desember 2008. Bij het maken van strafwerk ontdekte Elisabeth Eybers dat ze kon dichten. Dat bleef ze doen tot haar negentigste. Zaterdag overleed ze, 92 jaar oud. Het begon allemaal met strafwerk. Lionel Bennet, leraar Engels in het Zuid-Afrikaanse dorpje Schweizer-Reneke, liet zijn klas bij wijze van strafwerk altijd een gedicht schrijven. Zo kwam het dat een van zijn leerlingen, Elisabeth Eybers, op veertienjarige leeftijd ontdekte dat ze kon dichten. Ze debuteerde jong, in 1936, met de bundel Belydenis in die skemering, drie jaar later gevolgd door Die stil avontuur. Intussen was ze letteren gaan studeren in Johannesburg. Daarna werkte ze een tijd als journalist. Ze trouwde, kreeg drie dochters en een zoon. Aan het eind van de jaren vijftig kwam het tot een echtscheiding. Eybers besloot in Amsterdam een nieuw leven te beginnen. Gemakkelijk ging dat niet. Er volgden jaren van verdriet, eenzaamheid en heimwee – in een tijd waarin er weinig waardering bestond voor Zuid-Afrika en het apartheidsregime. Eybers bleef dichten, in het Afrikaans. Haar bundels bleven zowel in Zuid-Afrika als in Nederland verschijnen.

In de loop der jaren begon ze bij de Nederlandse literatuur te horen, zoals blijkt uit de toekenning van de Herman Gorterprijs (1974), de Constantijn Huygensprijs (1978) en, na een speciaal voor haar gemaakte statutenwijziging, in 1991 de P.C. Hooftprijs. Ze was toen 75 jaar oud. Haar Versamelde gedigte verschenen, 600 verzen in totaal. Zij zal zelf ook niet hebben gedacht dat er nog zes bundels zouden volgen, met nog eens 250 verzen. Tot haar negentigste is Eybers blijven dichten. Elisabeth Eybers is op 92 overleden.

Hierdie gedig is ook op LitNet se webtuiste te lees. Kliek op: http://www.litnet.co.za/ kliek op nuwe skryfwerk.