toe sy wegstap
(vir ek en jy toe ons nog óns was)
toe verlange laatnag byt
kon ek blindelings deur jou blaai
en my soene soos skrapnel
teen jou vel laat val
toe koue my met vrees
stuk vir stuk wou naakstroop
kon ek soensag genestel lê
in die kaggelvuur van jou lyf
hoe kon ek weet
dat alleenlê my inwag
teen die nakende rug
van ‘n koue nag
hoe kán jy luister
as dié geskokte stilte
die luidste woord word
wat ek ooít sal uiter:
vra hy
toe sy wegstap
©2010 Selwyn Milborrow
Hierdie, sowel as ander gedigte kan gelees word op:
http://www.litnet.co.za/
No comments:
Post a Comment