'N GEDIG IS 'N GEDIG NET OM 'N GEDIG TE WEES


in die kort tydjie vanaand
aangehits soos ‘n digter van ouds
se vergange verlange
pleeg ek gedigte op gedigte

want wat tel en bly
is verse gemummie op papier
wat met elke koplig en oplig
lig werp op hierdie liefdesgedig

kyk, ‘n gedig is ‘n gedig
net om ‘n gedig te wees
en al wat ek jou kan offer
is hierdie gepleegde gedig


©2010 Selwyn Milborrow

No comments:

Post a Comment