SEISOENE / SEASONS (PROSA)


Elisabeth Eybers, een van my gunsteling digters op skool het geskryf: “Somer en herfs en winter trek in wye / onafgebroke wisseling deur die land.”
In die Bybel lees ons van die saaityd en oestyd, somer en winter, dag en nag wat nie sal ophou nie. Dit is so dat ons ons in ‘n natuurlike winter kan bevind en tog ‘n geestelike ene beleef. John Bevere skryf in sy boek, Victory in the wilderness, hieroor. Bevere skryf: “The wilderness is a dry and thirsty land. The wilderness season is a time of pruning and grafting.” Dit het ten doel om ons voor te berei vir ons nuwe seisoen. Ons moet ook weet dat ons nie alleen is nie. Hy skryf verder: “Know that you are not alone, but in good company. You walk where Moses, Joseph, Job, and Jesus walked. The procession of wilderness travellers is long for the wilderness is a necessary time …”
‘n Alsbitter seison moet een of ander tyd in ons lewe aanbreek. Daar is geen kortpad na die beloofde land nie. Selfs skoolmaats loop uiteindelik elkeen hul eie lewenspad. Sommige is gelukkig om aan dieselfde kollege of universiteit te studeer. Maar iewers móét hul paaie skei … genoodsaak deur omstandighede.
‘n Donkerkop-kollega het een oggend haar emosies met my gedeel. Nou en dan het tane in haar oë opgdam. Sy het pas van haar jare lange jeugvriendin afskeid geneem. Sielsverwante vriende. Soul mates. Soos Heidi en Klara uit ‘n bekende strokiesprent Heidi, uit my kinderjare.
Die donkerkop onthou die goeie ou skooldae, daarna saam universiteit toe, en later saam by dieselfde firma. Sy vertel dat hulle onmiddellik aanklank by mekaar gevind het. Wedersydse respek vir mekaar. Tydens hul adolessensiejare het hulle mekaar se verwarring verstaan toe hulle soos enige tiener, met uitdagings in hul ouerhuise gekonfronteer is. Die donkerkop onthou daar was ligte oomblikke soos haar verlowing en toe die blondekop jare later hoofstrooimeise op haar troue was. Selfs toe die blondekop se vorige kêrel sterf, kon hulle saam huil. Die vingerafdrukke van hul vriendskap sigbaar in alle fasette van hul lewe.
Ek dink aan die filosoof, Aristoteles gedink. Volgens hom is ware vriendskap dié tussen mense wat goed is. Wanneer altwee toegewy aan die goedheid is. Hul harte gevul met goeie bedoelings. Iets wat skaars is in ‘n snel veranderende wêreld. Ons multitask en surf ons tyd om!

Kahlil Gibran skryf die volgende oor vriendskap: “Your friend is your needs answered … If he must know the ebb of your tide, let him know its flood also.” Die donkerkop-kollega en haar blondekop-vriendin kon mekaar se verwarring verstaan. Hulle het selfs gedeel in die opwinding van tienerliefde en uiteindelik troue liefde. Mense gooi maklik klere weg wanneer dit uit die mode raak, maar kry dit nie altyd met vriendskappe reg nie. Dis waaroor Aristoteles gepraat het; om ten spyte van alles die eb en vloed van vriendskapwaters te deel. Wanneer die donkerkop siek was, het die blondekop die wonderlikste mandjie vrugte en ‘n kaartjie met ‘n mooi boodskap vir haar gestuur. Ware vriendediens!
Die blondekop het haar meestersgraad in sielkunde verwerf, en die donkerkop het haar eersteling verwag. Die blondekop het gebid vir die nuwe moeder en haar baba. Dit het vir die moeder gevoel of die blondekop ook ‘n ander ma vir haar kindjie is omdat sy haar in elke vreugde kon verkneukel.
Maar toe gebeur iets ernstigs in die donkerkop se lewe: die een oomblik het sy versuiker onder haar ma se heuningdruppels, en die volgende oomblik moes sy magteloos toesien hoe haar ma kwyn. Haar ma sterf na ‘n lang siekbed, en kort daarna verloor die blondekop ook haar ma. In die rolprent Memoirs of a Geisha, sê Ziyi Zhang se karakter die volgende: “At the temple there is a poem called “Loss” carved into the stone. It has three words, but the poet has scratched them out. You cannot read “Loss”. Only feel it.”
Met gebede, liefde en ondersteuning is die donkerkop en haar blondekop-vriendin in tye van verlies vir mekaar daar. Die een sê die regte woorde wanneer andere nie weet wat om te sê nie. In sommige gevalle het jy geen vriende nie. John Bevere skryf: “I would pray in the dry season and things won’t change. You pray. Yet your prayers seem to fall flat.” Inderdaad. In die wildernes is daar geen reën nie. Behalwe reën diep uit die hart van ons naaste. Die donkerkop en haar vriendin het natuurlik geweet “the wilderness is a necessary time … its purpose is to train and prepare us for a new move of His Spirit.”

Kom, ons almal neem kennis van John Bevere se positiewe boodskap: “The wilderness is not intended to be a place of failure, but of victory.”

©2010 Selwyn Milborrow

No comments:

Post a Comment