WINTERNAGGEDIG



buite ontbloot winter
druppels verlange hang halflyf teen ruite

selfs siel en stem is windverlate
laat dit maar waai waar
en hoe dit wil —

hier binne verwinter gedagtes donssag

vannag word ek gemummie
in die warmte van vrouwees
word ons hartslae een
met die ritme van die witwarm winternag

ek weet dat dit ons sal bind
nog voor die aand in stilte
wegsink

©2009 Selwyn Milborrow

No comments:

Post a Comment